• Netklas Opleiding is 'n aanlynplatform wat, met klas, kursusse en werkswinkels in Afrikaans na jou bring. Kontaksessies word wel in Pretoria gereël.

    Ons doel is om jou toegang te gee tot die kennis, vaardighede en ervaring van kundiges.

    Aanlynkursusse wat reeds beskikbaar is 
    Noodhulpvaardighede - prakties d.m.v. video's, sowel as die nodige teoretiese onderbou.

    Kontakkursusse
    Instrukteurs wat deur die American Heart Association gesertifiseer is vorm deel van ons span. Die Basic Life Support-kursus (11 CPDs) is gerig op professionele persone wat by die HPCSA geregistreer is. Ons doen ook opleiding in KPR (of CPR) waarmee jy 1000 punte  by Discovery Vitality kan verdien. 

    Kontak ons
    Doen gerus navraag by leer@netklas.co.za of laat weet ons wat JOU opleidingsbehoeftes is.
    Volg ons ook gerus op Facebook om te sien wat ons nuutste aanbiedinge is.